Products Page

Boet Se Goet

Lank voor aalwyne, windpompe en donkiekarretjies fashionable geword het … voor David met sy rooi vellies en dikwielfiets ons harte ingery het … was daar ’n ander karakter op die Karoovlakte: “Ag, laat ek maar net speel met verf, so kan ek die Karoo die stad indra teen die koue woonstelmuur warm plaasveld se herinnering.”

Dit was H.J. van der Hoven, of sommer net “Boet” soos sy vriende hom geken het … Karoomens, pottebakker, skilder, en versiemaker. Hy kon ewe gemaklik by ’n taverne op ’n Griekse eiland inpas, as peinsende digter oor die wye Karoo tuur, as Spaanse kitaarspeler om ’n aandvuur perform of as begeesterde gasheer voor sy gehoor shine. Boet het op sy aardse manier ’n “eenkant” gemeenskap, laat lewe kry – met kleurvolle skilderye en in sielvolle lewensversies.

Uiteindelik kan Boet se eie hartsbegeerte waar word: ’n bundel waarin sy skilderye en gedigte lepellê.

Wie is Boet van der Hoven? Die Klein Karoo-skilder en pottebakker was ’n kleurryke karakter in Oudtshoorn- omgewing en sy geboortedorp, Prins Albert. Sy naam is sinoniem met kleurvolle Karoo-skilderye wat die doen en late van die plattelandse gemeenskappies uitbeeld.

Boet se Goet bevat skilderye en verse wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie. Die verdeling van die boek in drie primêre pigmentkleure, verwys simbolies na Boet se lewe:
Geel: jongman, onderwyser en pottebakker met die aardse klei wat sy kunstenaarsgees vorm.
Rooi: sy volbloedtydperk waar sy kuns ’n eie identiteit gekry het.

Blou: donkersee-dae en sy verlange na vergange tye en drome wat gestrand het. Die larger than life kitaarspeler wat “getrek loop oor die dorp” is tipies van iemand wat huis toe strompel na ’n Saterdagaand se drinksessie. Die euforiese gevoel van hoër trap, met dinge wat ietwat skewer as normaal voorkom, is ’n buitelynskets van Boet se veelgeskakeerde lewe.

SKRYWER Adri vanderHoven
ISBN 78-0-9814168-1-69
PUBLIKASIE DATUM  2014
FORMAAT Portret; 195mm x 260mm; Sagteband met flappe
BLADSYE 144

Product in stock

Price: ZAR250.00

Loading Updating cart…

Feeling Sheepish

Life was good on the farm.

Life was good on the farm.

Gertrude cannot stop wondering about the way people talk about sheep. With sayings like “the black sheep of the family”, and “just like sheep”, she feels it might be better to go and live with the farm family. But soon the novelty wears off and when Gertrude gets stuck in a compromising situation, who will save her?

Feeling Sheepish is a heartwarming tale about standing out and fitting in!

Title Feeling Sheepish
Words & Pictures Sandy Mitchell
ISBN 978-0-9814168-1-6
Publishing date December 2009
Price R85.00

View on Google Books

 

Product in stock

Price: ZAR85.00

Loading Updating cart…

Helga’s Big Splash

Helga the Hippo lives on the banks of a river in Africa. She loves to keep her friends cool under the hot sun by making a big splash at the waterhole, but one cold morning Helga’s Big Splash makes her Friends say things that hurt Helga and in response she resorts to drastic measures …
ai-helga-lores

Title Helga’s Big Splash
Words Matthew Kalil
Pictures Archie Collier
ISBN 978-0-9814168-2-3
Publishing date December 2009

Product in stock

Price: ZAR85.00

Loading Updating cart…

Kwakke, Kwinte & Kwale

Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk en medikasie wat nie werk nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar onsin oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Die wetenskapjoernalis en dosent George Claassen ontleed die intellektuele bedrog van aanvullende en alternatiewe genesers en hoe hulle nie deur regulasies in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word vir die kwaksalwerbehandelings wat hulle aanbied nie. Hy bewapen ons met ’n onsinverklikker om kwakke en gesondheidsbedrieërs se twyfelagtige aansprake oor siektes te ontbloot en te herken.

George Claassen is professor in wetenskapjoernalistiek en media-etiek aan die Universiteit Stellenbosch en was die eerste president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wetenskapjoernaliste. Sy vorige boek, Geloof, Bygeloof en Ander Wensdenkery – Perspektiewe op Ontdekkings en Irrasionaliteite, was ’n topverkoper.
Met respek, George Claassen kan beskou word as ‘die Ben Goldacre’ van Suid-Afrika. Hy deins nie terug om produkte en handelsmerke en die mense agter hulle te ontbloot nie. Meer as dit, die boek is ’n fassinerende leeservaring …

Hy maak al lank ’n studie van bedrieëry en pseudowetenskap en neem waar hoe dit misbruik word om prulprodukte aan verbruikers te verkwansel. Hier het hy pragtig daardie kennis versamel in ’n hoogs leesbare en genotlike formaat wat opvoed, bemagtig en Suid-Afrikaners sal help om wyse besluite te neem.
– Dr. Harris Steinman, redakteur en skrywer van CAMcheck

Dit is my oortuiging dat die lesers van hierdie boek deeglik bewus sal word dat die skrywer ons almal ’n groot guns bewys het.
– Dr Edwin Hertzog, voorsitter, Mediclinic Internasionaal

Title Kwakke, Kwinte & Kwale

SKRYWER George Claassen
ISBN 978-0-9814168-9-2
PUBLIKASIE DATUM 2014
FORMAAT Portret; 190mm x 245mm; Sagteband
BLADSYE 140
KATEGORIE Wetenskap | Gesondheid
PRYS R175

 

 

Product in stock

Price: ZAR175.00

Loading Updating cart…

Love Green Food

ai lgf-coverLove Green Food is a fresh bold approach to eating and cooking naturally, consciously and spiritually. The non-prescriptive, fun and simple approach means that anyone from die-hard meat eaters to the leafiest vegans will enjoy looking through and eating from Love Green Food.

The message:
Larissa shares her foodie and health journey with readers, emphasizing the importance of living organically. This includes useful tips, choices, solutions and lists e.g. Seasonal charts, non-harmful cleaning substances, convenient recycling, which additives and processed foods to avoid etc. In Larissa’s words … it is all about love. This is the most important ingredient. This is love for yourself, for others, for your environment, for nature and for your home. Cooking with consciousness empowers you to take care of yourself and ensure that there is a healthy home for future generations to come

Title Love Green Food
Author Larissa Green
ISBN 978 0 9814168 0 9
Publishing date October 2008

Product in stock

Price: ZAR200.00

Loading Updating cart…

Stadsfeetjies

Hoe dink jy lyk ’n feetjie? Maak vir ’n rukkie, net daar waar jy sit, jou oë toe. Dink terug aan alles wat jy al ooit oor feetjies geleer het. Probeer nou voorstel hoe hulle lyk. Dink ’n bietjie daaroor …
Persoonlik dink ek feetjies kan lyk nes hulle wil, of liewer, net soos ons wil hê hulle moet. Miskien gebruik hulle daardie einste gedagtes wat jy nou net gehad het om hulself aan ons te openbaar. Of dalk verskyn hulle in die natuur as ’n element van water, wind, vuur of die aarde.
Deesdae is daar egter min woude en velde oor tussen al die woonstelblokke en huise wat orals paddastoel.
Wat het van die feetjies geword wat eers in die woude gebly het?
En wat gebeur wanneer hierdie feetjies vergeet waar hulle vandaan kom?

Product in stock

Price: ZAR120.00

Loading Updating cart…

Tando

Welkom by die wonderwereld van Tando, die beroemdste tandmuis in Afrika. Die Superman van dentale dinge vernietig vyande vinniger as wat Batman booswigte kan laat les opse en met meer bravade as Spiderman en ‘n groter hart as die aartsbiskop, staan sy stert vir g’n avontuur verkeerd nie. Hy’s mos ‘n muis
met ‘n massiewe missie beveg plaak met hand en tand, watookal dit verg!

In die wyse woorde van Tando:
“ Waarom sit met ‘n mond vol tande? Gee dit liewer vir Tando”
tando_hoog_bo_muizenberg

Welcome to the wonderful world of Tando, the most famous tooth mouse in Africa. This Superman of dentaldramas destroys enemies faster than Batman can battle the baddies. And with more bravery than Spiderman and a bigger heart than the archbishop, he will point his tail to any adventure. After all, he’s a mouse on a massive mission combat plaque with tooth and nail, whatever it takes!

In the wise words of Tando:
“May the tooth be with you. If not, may it be with Tando”

Title Tando
Author Sybrandus Adema
Illustrator Liza Grobler
ISBN
Publishing date 2012

 

Product in stock

Price: ZAR85.00

Loading Updating cart…