Boet Se Goet

Lank voor aalwyne, windpompe en donkiekarretjies fashionable geword het ... voor David met sy rooi vellies en dikwielfiets ons harte ingery het ... was daar ’n ander karakter op die Karoovlakte: “Ag, laat ek maar net speel met verf, so kan ek die Karoo die stad indra teen die koue woonstelmuur warm plaasveld se herinnering.”

Dit was H.J. van der Hoven, of sommer net “Boet” soos sy vriende hom geken het ... Karoomens, pottebakker, skilder, en versiemaker. Hy kon ewe gemaklik by ’n taverne op ’n Griekse eiland inpas, as peinsende digter oor die wye Karoo tuur, as Spaanse kitaarspeler om ’n aandvuur perform of as begeesterde gasheer voor sy gehoor shine. Boet het op sy aardse manier ’n “eenkant” gemeenskap, laat lewe kry – met kleurvolle skilderye en in sielvolle lewensversies.

Uiteindelik kan Boet se eie hartsbegeerte waar word: ’n bundel waarin sy skilderye en gedigte lepellê.

Wie is Boet van der Hoven? Die Klein Karoo-skilder en pottebakker was ’n kleurryke karakter in Oudtshoorn- omgewing en sy geboortedorp, Prins Albert. Sy naam is sinoniem met kleurvolle Karoo-skilderye wat die doen en late van die plattelandse gemeenskappies uitbeeld.

Boet se Goet bevat skilderye en verse wat nog nooit vantevore gepubliseer is nie. Die verdeling van die boek in drie primêre pigmentkleure, verwys simbolies na Boet se lewe:
Geel: jongman, onderwyser en pottebakker met die aardse klei wat sy kunstenaarsgees vorm.
Rooi: sy volbloedtydperk waar sy kuns ’n eie identiteit gekry het.

Blou: donkersee-dae en sy verlange na vergange tye en drome wat gestrand het. Die larger than life kitaarspeler wat “getrek loop oor die dorp” is tipies van iemand wat huis toe strompel na ’n Saterdagaand se drinksessie. Die euforiese gevoel van hoër trap, met dinge wat ietwat skewer as normaal voorkom, is ’n buitelynskets van Boet se veelgeskakeerde lewe.

SKRYWER Adri vanderHoven
ISBN 78-0-9814168-1-69
PUBLIKASIE DATUM  2014
FORMAAT Portret; 195mm x 260mm; Sagteband met flappe
BLADSYE 144

Product in stock

Price: ZAR250.00

Loading Updating cart...